Saam Is Ons Sterker - Die Avonture van Tienie Muis (Sagteband)
Boeke
In Stock
R35.00
Product Code: 9780638011371
Description
Tienie Muis het ’n boom met die sappigste, heerlikste vrugte gesien, maar dit is baie ver tot daar. Op haar reis soontoe het sy vele uitdagings, maar sy ontdek ook dat sy baie vriende het met unieke gawes wat haar kan help. Saam kan hulle by die boom uitkom en aan die heerlike vrugte smul! In Saam is ons sterker ontdek 3- tot 6-jariges saam met Tienie Muis hoe belangrik vriendskap en spanwerk is. Dit wys dat ons verskille ons juis sterker maak as ’n span en dat ons ander mense se gawes en talente moet waardeer.